Friday, November 16, 2012

Die Wederkoms

In sy jongste boek getiteld “Die Wederkoms – ‘n Bybelse kyk na die Laaste dae” maak Dokter Joubert ‘n groot aantal verbasende aanmerkings wat by nadere betragting kommentaar uitlok.




Dr. Stephan Joubert is seker een van die gewildste en geliefste name onder moderne Christen gelowiges en vir enigeen wat hom al in lewende lywe hoor praat of optree het sal moet toegee dat die sag sprekende woord kenner vinnig ‘n plekkie kan inneem in die hart van enige kind van die Here.

Maar is wat hy sê in hierdie boek altyd korrek volgens wat die Woord ons leer?

Hierdie blog moet nie gesien word as ‘n persoonlike aanval teen Stephan nie, liewer as ‘n kritiese kyk na wat hy in sy boek skryf rakende die Wederkoms, ons geloof en lering oor hierdie onderwerp wat na my mening nie opweeg teen wat die Woord, die Bybel ons duidelik leer nie.

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. (1 Joh. 4:1)

No comments:

Post a Comment